Aardrykskunde: Kwartaal 2

Primary tabs

No Description Set

Bookmark to learn: Login to use bookmarks.

Bookmark to learn: Login to use bookmarks.

Add to collection ... add Aardrykskunde: Kwartaal 2 to your collections:

Help using Flashcards ...just like in real life ;)

  1. Look at the card, do you know this one? Click to flip the card and check yourself.
  2. Mark card Right or Wrong, this card will be removed from the deck and your score kept.
  3. At any point you can Shuffle, Reveal cards and more via Deck controls.
  4. Continue to reveal the wrong cards until you have correctly answered the entire deck. Good job!
  5. Via the Actions button you can Shuffle, Unshuffle, Flip all Cards, Reset score, etc.
  6. Come back soon, we'll keep your score.
    “Repetition is the mother of all learning.”
  7. Signed in users can Create, Edit, Import, Export decks and more!.

Bookmark to learn: Login to use bookmarks.

Share via these services ...

Email this deck:

Right: #
Wrong: #
# Right & # Wrong of #

Asië: Lys die godsdienste wat deur spesifieke bevolkingsgroepe gevolg word.

Meeste mense in Pakistan en Bangladesj is Moslems.
Meeste mense in Indië is Hindoes.
Meeste mense in Sri Lanka is Boeddhiste.

Watter natuurlike verskynsel in Suidoos Asië is belangrik vir die streek se ekonomiese welvaart?

Die hewige moesonreën.

Suidoos-Asië: Bespreek die Aralsee volledig.

Geleë tussen Oesbekistan en Kazakstan.
Was eens op 'n tyd 'n enorme varswater see.
Oor afgelope 50 jaar is die riviere wat die gevied van water voorsien, vir besproeiing van gewasse gebruik.
Dit het veroorsaak dat die see tot die helfte van sh grootte gekrimp het en nou in twee verdeel is.

Noem die wêreld se twee mees digbevolkte lande wat in Asië voorkom.

1. China / Sjina
2. Indië

Noem vier fisiese kenmerke wat in Asië voorkom en wêreld rekords hou. Maak seker dat jy die fisiese kenmerk noem sowal as die rekord wat dit hou.

Dooie See: Laagste punt op die aardoppervlak, is 392m onder seevlak.
Baikal Meer: Diepste meer ter wêreld, 1 637m diep. Bevat die meeste varswater in die wêreld.
Himalaja: Die wêreld se hoogste bergreeks.
Everest in die Himalajas: Hoogste berg ter wêreld (8 850m hoog)

Suidoos-Asië: Wat maak die Gobi-woestyn anders as die meeste ander woestyne regoor die wêreld?

Die grootste deel van die Gobi-woestyn bestaan uit rots eerder as sand.

Suidoos-Asië: Hoe is die Himalajas gevorm?

Deur die botsing van die Indo-Australiese en die Eurasiese plaat.

Suioos-Asië: Bespreek die Steppe volledig.

Uitgestrekte vlaktes met min bome.
Strek vanaf die Swart See in die weste deur die Oekraïne die suide van Rusland en Kazakhstan tot Mongolië in die ooste.
Vrugbare swart grond vir die verbouing van gewasse soos koring.
Skape, bokke en perde word hier aangetref.

Suioos-Asië: Bespreek die Baikal Meer volledig.

Geleë in Siberië.
Wêreld se diepste meer (1 637m).
Bevat die meeste varswater in die wêreld.Een vyfde van wêreld se varswater word hier aangetref.
Baikal rob word hier aangetref. Is die wêreld se enigste varswater rob spesie in die wêreld.
Ongeveer 1 700 verskillende plante en diere word hier aangetref wat nêrens anders in die wêreld voorkom nie.

Waar of Onwaar: Die Golf het massiewe olievelde, ongeveer twee derdes van die wêreld se oliereserwes.

Waar

Waar of Onwaar: Indië is die grootste en mees bevolkste land.

Onwaar.
China / Sjina is die mees bevolkste land.
Indië is die tweede mees bevolkste land.

Waar of Onwaar: Suid-Asiese lande neem aan nuwe nywerhede deel sood die vervaardiging van rekenaars en klere.

Waar

Indien 'n gebied onherbergsaam is, beteken dit dat dit aangenaam / lekker is om daar te woon.

Onwaar
Dit is te moeilik om daar te woon.

Waar of Onwaar: Nomade is mense wat van een plek na 'n ander beweeg, omdat hulle oor geen permanente woning beskik nie.

Waar

Asië: Die Russiese Federasie beskik oor 'n wye verskeidenheid natuurlike hulpbronne. Waarom sou dit vir mense moeilik wees om toegang tot die hulpbronne te verkry en hulle te benut?

Dit sou moeilik wees vanweë die strawwe terrein en klimaat.

Europa: Noem vier lande wat bekend is vir hul laagliggende gebiede met baie vleilande, mere en bladwisselende mere.

Estland
Letland
Litaue
Belarus

Europa: Wat word die vrye handelsunie van Europa genoem?

Europese Unie

Europa: Van watter geldeenheid maak meeste lande gebruik?

Euro

Europa: Voltooi die sin:
Met die ineenstorting van (1) onder bewind van (2) het die hele Europa na 'n meer moderne samelewing oorgeskakel.

(1) kommunisme
(2) Sowjet-Unie

Europa: Noem die twee lande wat nie meer deel van Skandinawië uitmaak nie.

Finland en Ysland

Europa: Noem vier lande waarlangs of waardeur die Danube-rivier loop.

Duitsland
Oostenryk
Hongarye
Serwië
Kroasië
Bulgarye
Slowakye
Roemenië
Oekraīne
Moldawië

Asië: Noem twee feite oor Rusland wat die grootte van die land toon.

Dit het elf tydsones en strek halfpad om die wêreld.

Asië: Waarvoor het Israel die geld wat verkry is uit die verkoop van olie, gebruik?

Israel verkoop olie en gebruik die geld om moderne besproeiing stelsels aan te lê.

Asië: Waar woon die meeste van Japan se bevolking?

Op die vier groot eilande.

Asië: Waarom word Japan en Korea moderne lande genoem?

Nuutste moderne elektronika en karre word hier gemaak.

Asië: Bespreek die negatiewe impak van die mens op die Aral See.

Oor die afgelope 50 jaar is die riviere wat die gebied van water voorsien, vir besproeiing van gewasse gebruik. Dit het veroorsaak dat die see tot die helfte van sy grootte gekrimp het en in twee verdeel het.

Asië: Bespreek twee ooreenkomste tussen die Steppe en die Noord-Europese Vlaktes.

Albei het vrugbare grond wat gebruik word vir die verbouing van koring.

Suidoos-Asië: Bespreek die Himalajas volledig.

Die wêreld se hoogste bergreeks.
Ontstaan toe die Indo-Australiese plaat met die Europese plaat gebots het.
14 berge in die wêreld wat hoër as 8 000m is en al 14 word hier aangetref.
Everest word hier aangetref. Die hoogste berg in die wêreld (8 850m).

Suidoos-Asië: Bespreek die Dooie See volledig

Dooie See bevat soveel sout dat niks in die water kan leef nie.
Die minerale soute is so gekonsentreerd dat mense daarop kan dryf.
Die Dooie See word deur die Jordaanrivier van water voorsien.
Dit is nie eintlik 'n See nie maar 'n Meer.
Die Dooie See het geen monding in enige oseean nie.
Laagste punt op die aardoppervlak is 392m onder seevlak.